Your Recipe Blog

RENE SE PIEKELVIS

RENE SE PIEKELVIS

René se ma (en anties) se pickled fish.

  • Vir die vis:
  • 2 kg ferm vis, in gemaklike stukke gesny (Kaap anties gebruik geelstert of snoek. Stokvis ringe is ook goed)
  • 1 koppie bruismeel
  • 1 teelepel vis masala
  • 1 teelepel vis speserye, enige geur souterigheid vir jou beslag

Let wel hierdie is nie ‘n eier beslag nie. Meng die meel, vis masala en speserye. Bedek die rou vis met die meelmengsel en vlakbraai dit oor medium hitte in ‘n pan. Wees geduldig met die vis bakkery. Dis nie ‘n aanjaag storie nie. My ma sê die lydensuur het verwys na “pickled fish” maak.

  • Vir die uiesous:
  • 4 – 6 groot uie, in ringe gesny
  • ½ pakkie “pickling spice” (Dit bevat peperkorrels, naeltjies, koljander, pimento)
  • 2 of 3 eetlepels borrie (jy kan meer gebruik afhangende hoe geel jy dit wil maak)
  • ± 1 teelepel kerriepoeier of vis masala, na smaak
  • ½ koppie suiker
  • 1 koppie asyn (bruin proe lekkerder maar wit is ook reg)
  • ½ koppie kookolie (gewone olie – olyf olie “pickled fish” proe nie vir my lekker nie)
  • ± 1 teelepel sout, na smaak

Plaas die uieringe in ‘n groot pot en bedek met kookwater. Kook so 3 na 6 minute oor LAE hitte. Die idee is nie om dit gaar te kook nie, maar net die winderigheid af te spoel. Dreineer in vergiettes (strainer). Verhit halwe koppie kookolie en plaas die uie daarin. Moenie borrels en fireworks verwag nie, jy infuse/ smoor net die geure in. Meng die “pickling spice” by die uie, roer deur en laat dit met deksel op verder smoor. In ‘n beker eenkant, meng die borrie en suiker en sout met die asyn tot suiker opgelos is. Jy kan ook ‘n teelepel of twee kerriepoeier of vismasala in die mengsel gooi. Skepdie mengsel by die uie wat teen die tyd net net wil prut. Roer deur en verlaag die hitte nog ‘n strepie. Roer, proe, roer, proe, voeg by wat nog kort, maar net ‘n teelepel op ‘n slag. Dis ‘n baie fyn balans tussen soet en suur en sout wat jy hier mee werk. Laat so 7 minute nog op hitte staan terwyl sous dik kook. Draai die hitte af.

As jou vis goed afgekoel het, pak in diep bak en in lae saam met die uie. Dis belangrik dat die vis al koud is, anders met die ekstra hitte van die uie gaan dit verder kook en vog verloor en die vis uitdroog. As die dis afgekoel is, laat dit oornag in die yskas, sodat die vis en die uie vriende maak. Eet dit koud met ‘n “hot cross bun”.

(Ps. Loop soak jou geel borrie lappe in jik en asyn)

Resep en foto: Rene van der Berg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page