TUISGEBAKTE KNOFFELBROOD
- Deeg:
- 1 koppie (240 ml) vars melk
- 1 groot eier
- 3 eetlepels (38 g) suiker
- 2 teelepel (6 g) kitsgis
- 2½ koppies (320 g) meel vir alle doeleindes (all purpose)
- ½ teelepel sout
- 2 eetlepels (30 g) botter of margarien
- Vulsel:
- ½ koppie (115 g) ongesoute botter
- 1½ eetlepel (15 g) gemaalde knoffel
- 1 eetlepel (2 g) pietersielie
- gerasperde kaas, opsioneel
- Ekstra:
- 1 geklitste eier, om oor te verf
Maak melk effens warm, voeg melk, eier, suiker en gis in knie skottel. Meng goed tot suiker op gelos is.
Meng meel en sout bymekaar. Voeg margarien by en meng deur, voeg ekstra meel by indien nodig.
Knie omtrent 10 min tot elasties. Rol in ‘n bal en smeer olie oor, plaas op warm plek en laat rys tot verdubbeld. Knie af en rol uit omtrent halwe cm dik. Smeer vulsel oor, kan kaas oor rasper.
Rol styf op en plaas in pan sny in pan met mes, skywe soos “brood sny” en laat rys, smeer geklitste eier op en bak in voorverhitte oond op 180ºC vir 40 min tot gaar.
Nota:
Meelvariasies:
Onthou, nie alle meel is gelyk aan proteïeninhoud nie, en beïnvloed dus die vloeistofabsorpsiekwaliteit en deegkonsekwentheid. Mens kan dus meel byvoeg as die deegmengsel te nat geword het of melk byvoeg as dit te droog was totdat die regte konsistensie verkry is.
Gis:
As gis oud of dood is of nie geaktiveer word nie, sal dit nie ‘n goeie deeguitslag lewer nie. Gebruik altyd warm vloeistof vir aktiewe droë gis.
Knie:
Deeg is goed as regte elastisiteit bereik word en as dit die ruit toets geslaag het. (knyp ‘n stukkie deeg af met vingers, rek hom uit) Dit kan nie bereik word as deeg ondergeknie of oorgeknie is nie. Taai, plat, nie elasties genoeg nie, is tekens van ondergeknie deeg. Taai, styf, dig en breek maklik uitmekaar as dit gestrek word, is tekens van te min gekniede deeg.
Resep en foto’s: Thea Loots Grobler















Wonderlike resep.Baie dankie
Baie baie dankie vir jou terugvoer, ek wonder net hoekom kry die resep dan net 1 ster asb? 🙂
Ek het hom al 3 keer gebak. Sit eksta kruie in en bietjie rooipeper. Soms sny ek dit in skywe en bak hulle in n plat skottel. dit lyk mooi en almal dink ek is vek oulik.