NACHOS
“Ek belowe ek moes seker al die nachos van my 10 keer maak, want dit ís SO lekker! Geniet dit!”
- 2 pakke soetrissie tortillaskyfies
- ± 600 g Cheddarkaas, gerasper
- ± 500 g biefstukrepies, hoenderrepies of maalvleis
- 226 g Old El Paso thick and chunky mild salsa
- 6 opgehoopte eetlepels soetrissieroomkaas
- 250 g Philadelphiakaas
- 200 g guacamole
- rissiesous/soetrissiesous, opsioneël
Verhit oond tot 180 °C. Strooi tortillaskyfies in oondpan. Versprei ¾ van gerasperde kaas en gaar repies/vleis bo-oor. Versprei salsa eweredig en ook paar eetlepels soetrissieroomkaas bo-op. Plaas in oond vir 5 – 10 minute sodat kaas goed smelt. Haal uit oond en smeer roomkaas plat. Plaas groot eetlepels philadelphiakaas en res van gerasperde kaas eweredig oor. Plaas weer in oond vir 5 – 10 minute, sodat kaas goed smelt. Haal uit oond en smeer Philadelphiakaas plat.
Skep vol lepels guacamole oor nachos en smeer plat.
Laastens kan jy ‘n rissiesous/soetrissiesous bo-oor sprinkel vir ‘n skop, MAAR dis lekker net so!
Resep en foto: Corlia van Niekerk












