PEETMA SE VLAKOEKIES
Ek het dit dubbel gemaak, werk wonderlik in die koekiedrukker.
- 250 g botter
- 3 koppies koekmeel
- 1 koppie suiker
- 2 eiers
- 8 eetlepels vlapoeier
- 4 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel vanilla geursel
Room botter en suiker, voeg eiers en vanilla by.
Voeg droë bestanddele by. Knie goed. Dit is ‘n sagte deeg.
Rol uit of rol balletjies of sit deur koekiedrukker. Pak op ‘n voorbereide bakplaat.
Bak by 180 ºC vir 10 tot 12 minute. Hanteer versigtig dit is ‘n bros koekie.
Bron: Alice Meintjies
Foto: Jeanette Martins













