HEERLIKE GEVULDE BROOD
Ek en vroulief het vanaand hierdie lekker brood in my varkie oond gebak en ek gaan dit beslis nog 20 keer bak omdat dit so lekker is.
- 250 ml melk
- 1 eier
- 50 g suiker
- 2 teelepels gis
- 400 g koekmeel
- 1 teelepel sout
- 50 g botter
Meng/klits die melk, eier, suiker en gis saam.
Sif die meel en sout daar in. Meng tot ‘n sagte deeg.
Voeg die botter by en knie. Laat staan vir 1 uur om te rys.
Knie dan bietjie af en rol uit. Smeer die volgende mengsel bo-op.
- 100 g botter
- 3 eetlepels grasuie
- 4 eetlepels nat knoffel
- Ekstra:
- 2 koppies Mozarella gerasper
- geklitste eier
Sprinkel die kaas oor die bottermengsel.
Sny die uitgerolde deeg in blokke (ongeveer 7 cm).
Lig die blokke op met ‘n slaplem mes. Pak hul 2 twee opmekaar. Pak dit dan vertikaal in broodpannetjies (ons het 3 pannetjies gebruik ) teen mekaar.
Laat rys vir nog 45 minute.
Smeer geklitste eier oor en bak vir 35 minute in die varkie-oond op ± 180 ºC.
Kan ook in die gewone oond gebak word.
Resep aangepas en foto: Gideon Louw












