PANNEKOEK MET HOENDERVULSEL
Heerlik met enige vulsel of kaneelsuiker. Resep kan met gemak verdubbel word.
- 3 eiers
- 2½ koppies melk
- sout
- 1 koppie olie
- 2 teelepels vanilla
- 2 koppies bruismeel
Plaas eiers, melk en olie in voedselverwerker. Voeg bruismeel en sout by.
Klits tot romerig.
Bak groot lepels vol in ‘n warm pan tot goudbruin aan albei kante.
Ek het van die pannekoeke met ‘n hoender, mayonnaise en kaasvulsel gevul.
- Hoender mayonnaise vulsel:
- 8 hoenderporsies
- 4 heel naeltjies
- 2 lourierblare
- sout
- Mayonnaise, na smaak
- gerasperde kaas
Kook hoender met naeltjies, lourierblare en sout tot sag.
Maak fyn en voeg mayonnaise en gerasperde kaas by.
Vul pannekoek en geniet.
Resep en fotos: Alta de Wet













