Your Recipe Blog

MAALVLEIS- EN UIEBOMME (10)

Recipe by
Cook: 35 - 40 minute

MAALVLEIS- EN UIEBOMME

“My kompetisie uitdaging inskrywing… têr viering van die mylpaal van 200 000 lede aangesluit by Food Lovers Recipes in November 2020. Ek het besluit om die goeie ou staatmaker maalvleis, nader te trek en broccoli te gebruik en net iets anders te probeer. Die hele familie het dit ongelooflik geniet… en weereens is dit low carb/diabetes vriendelik (indien jy die bosbessies (cranberries) uitlos).  My vyf bestanddele was maalvleis, spek, uie, broccoli en bosbessies. Maalvleis, ui- en spekbomme met geroosterde broccoli en bosbessies is hopeloos te lank vir ‘n titel – dus ‘Vleis- en uibomme’.”

  • 2 medium uie, geskil en die buitenste 3 lae van albei uie versigtig verwyder, en die res van 1 ui, fyn gekap (bêre die res van die ander ui vir môreaand se dis)
  • 600 g maalvleis (met bietjie meer vet as gewoonlik)
  • 1 teelepel gemengde kruie
  • 1 teelepel braaivleis spesery
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • ½ teelepel selderysout of selderysaad
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • 2 repe spek, fyn gekap
  • 12 repe streepspek (streaky bacon), heel
  • 3 sosatiestokkies
  • olie, vir besprinkeling
  • Groente:
  • 1 kop brokkoli, in blommetjies gesny/gebreek
  • 3 eetlepels droë bosbessies
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 eetlepel droë roosmaryn
  • sout en peper, na smaak

Plaas uie lae eenkant. Meng maalvleis, gekapte ui, kruie en gekapte spek saam. Vorm in ses balle, en druk uie-lae afsonderlik rondom elkeen vas (sien foto).
Plaas twee repe spek oorkruis en plat op werksoppervlak, plaas rou vleisbom bo-op in die middel en draai spekrepe rondom vleis- en uibom.
Steek twee-twee vas met sosatiestokkie.
Plaas op bakpapier in oondbak. Versprei bosbessies rondom vleisbomme, en pak  brokkoli bo-op en rondom.
Strooi olie, bietjie ekstra roosmaryn, sout en peper bo-oor.
Bak in voorafverhitte oond by 220 °C vir 35 – 40 minute op middelste rak.
Skep souserigheid wat uitloop, bo-oor en bedien.

Resep en fotos: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page