Your Recipe Blog

GIDEON SE VARKSTERTJIES IN DIE OOND

Recipe by
Cook: 3 uur, 20 minute

GIDEON SE VARKSTERTJIES IN DIE OOND

“Hierdie varkstertjies is voorwaar ‘n goedkoop, lekker oudurfie. Jy kan dit selfs as ‘n gereg bak innie oond en voorsit saam met lekker smash aartappel. Ek het daai sousie so in ‘n holtetjie in die smash geskep. Hmmmmmmmmm djeeeerlik!”

  • varkstertjies, ± 2 per persoon (sien foto)
  • sout, na smaak
  • 1 pakkie smash-poeier (kapokaartappelpoeier), aangemaak volgens instruksies
  • Worcestershiresous, na smaak
  • rissievlokkies (chilli flakes), na smaak

Trek stertjies se velle af en sny met skerp mes snytjies kruis en dwars oor die vleis.
Pak oop op snyplank en besprinkel met sout na smaak.
Sprinkel Worcestershiresous oor en vryf mooi in snytjies in en sprinkel klein bietjie rissievlokkies oor. Pak die stertjies in ‘n oondvaste bak en bedek met foelie (geen vloeistof by nie). Bak in oond vir twee uur teen 160 °C. Verhoog temperatuur na 180 °C en bak vir een uur en verwyder die foelie.
Stel oond op stadige rooster en rooster stadig vir ongeveer 20 minute tot lekker sagte, krakerige kors gevorm is.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page