ADRIAN SE GELAAIDE SPINASIE QUICHE
- Kors:
- 100 g koekmeel
- 100 g botter/margarien
- 100 g gerasperde Cheddar kaas
- Vulsel:
- 300 g gaar spinasie
- ½ gekapte ui
- 1 blikkie tuna, gedreineer
- ½ koppie gekapte ham
- 250 g gekapte sampioene
- 1 koppie gaar hoenderstukkies (oorblywende hoender van die vorige dag)
- 2 geklitste eiers
- 1 koppie gerasperde kaas
- sout en peper na smaak
Meng die kors bestanddele saam tot dit ‘n deeg vorm en voer ‘n quiche vorm of tertbak uit met die deeg om ‘n kors te vorm.
Maak die spinasie fyn in ‘n voedselverwerker en hou eenkant. Braai die uie, sampioene en ham saam tot die uie net begin sag raak en voeg die spinasie daarby. Haal van die hitte af en voeg die tuna, kaas, hoender en geklitste eier by. Geur met sout en peper en meng deeglik.
Skep die mengsel in die quiche vorm of bak wat met die deeg uitgevoer is en sprinkel bietjie kaas bo-oor . Om nie die afval deegstukkies nie te mors nie, is dit kruis en dwars in dun stroke oor die quiche gepak. Bak by 180ºC vir 30 minute.
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete












