MOCHA FRAPPUCCINO
- ½ koppie melk
- ¼ koppie sjokolade (het 5 blokkies Aero gebruik)
- ⅓ koppie kondensmelk
- ¼ koppie sjokolade stroop
- ¾ koppie koffie, sterk aangemaak
- 2 koppies ys
- room, vir bo-op, opsioneel
Maak koffie en laat afkoel.
Bêre in yskas om goed koud te word voor gebruik.
Plaas al die bestanddele in ‘n “blender” en laaste die ys.
Meng tot ys fyn gekap is en alles mooi gemeng is.
Skink in 2 glase versier met room bo-op en geniet.
Foto en resep: Frances Smith
Category:












