Your Recipe Blog

AVOKADO PIEKELS

AVOKADO PIEKELS

Ek het vir die eerste keer avokado’s gepekel. Dit is heerlik. Hiermee deel ek dan graag my resep:

  • 2 avokados (nie te ryp nie, moet nog redelik ferm wees)
  • Pekel:
  • 1 koppie wit asyn
  • 1 koppie water
  • 2 eetlepels “pickling spice”
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepels heuning

Meng al die pekel bestanddele en verhit en prut saggies tot die sout opgelos is en heuning gesmelt het. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
Sny avokados in blokkies of skyfies en pak versigtig in gesteriliseerde bottels.
Ek was bevoorreg om ‘n klomp miniatuur avokados te kry, so ek het hulle net halveer.
Nou kan jy bietjie kreatief raak en ander geure byvoeg.
Ek het paar vars roketblare gaan pluk uit my tuin en roosmaryntakkies.
Plaas in die bottel saam met avokadostukke.
Skep die asynmengsel in die bottel en seël.
Ek het in die ander bottel skyfies knoffel en 1 heel rooi rissie gesit en die laaste een ‘n paar gemengde bessies. Kan in die yskas hou vir tot en met 1 week.

Nota:
Jy kan dit langer probeer hou, maar in my huis is dit so lekker hou nie eers 3 dae nie. Die tekstuur van die avo en die feit dat die pekelmengsel koud bygesit word, moet mens eerder in die yskas hou en nie vir te lang tydperk nie.

Resep en foto:  Adele Horn
2de foto: Jan Salti Viljoen

One Review

  1. Jan Salti Viljoen
    Volgens jou resep die 3 Mei gebottel – ons het vanoggend(17 Mei)weer geniet!! Heerlik baie dankie!!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page