Your Recipe Blog

BOTTERKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 12 - 15 minute | Servings: 80 koekies

BOTTERKOEKIES

  • 4 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 300 ml suiker
  • 250 g stork margarien
  • 2 jumbo eiers

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die suiker by en roer deur.
Vryf die margarien goed deur dat dit lyk soos krummels.
Klits die eiers goed en voeg by. Meng deeg tot sagte bal.
Rol uit, druk af en pak op ‘n gespuite bakplaat.
Bak vir 12 – 15 min in voorverhitte oond 180°C.

Ek het jelly tots, chocolate spread en grondboontjiebotter in die middel gesit.
Het 80 koekies uit gekry.

Resep en foto:  Heidi Kotze

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page