LEKKERSTE AVOKADOSLAAI ALA ANNALET
Avo slaai wat ek ken en dit is vrek lekker!
- 1 ui
- 2 – 3 of 4 avokado’s
- 5 gekookte eiers
- 200 ml mayonnaise
- ± 50 ml melk
- 1 – 2 eetlepels kondensmelk
- sout en peper, na smaak
Kap die uie fyn, sny die avokado’s en eiers in blokkies en plaas alles in ‘n slaaibak.
Meng die mayonnaise, melk, kondensmelk, sout en peper goed saam en gooi oor avokadomengsel, meng alles goed en tarrada.
Resep: Annalet Liebenberg
Foto: Annetjie Smit












