VISKOEKIES VAN GAAR VIS
Resep en foto: Gideon Louw
- ± 300 g gaar vis, wat gevlok is
- 1 eier
- 1 eetlepel gewone koekmeel
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 eetlepel rissiesous
- 1 eetlepel soet rissiesous
- ½ medium grote fyngekapte ui
- geklitste eier
- fyn broodkrummels
- olie vir vlakbraai
Meng al die bestanddele saam en maak klein balletjies wat eers in geklitste eier, dan in fyn broodkrummels gerol word. Plaas in die yskas vir ‘n rukkie.
Bak in vlak olie vir ‘n paar minute aan beide kante tot mooi goudbruin.
Geniet as vingerhappie.
Category:












