GESONDHEIDSBROOD
“Vandag die heerlikste gesondheidsbroodjie gebak. Ek deel graag die resep met julle.”
- 4 x 250 ml nuttywheat meel
- 1½ koppie muesli
- 1 x 250 ml rosyne
- 2 teelepels sout
- 3 teelepels bruinsuiker
- 10 g kitsgis
- 45 ml olie
- 625 ml louwater
Meng alles goed deur, sit in gesmeerde broodpan en laat rys tot verdubbel. Bak by 180 °C vir 45 minute.
Resep en foto: Irmela Joubert
Category:












