Your Recipe Blog

ZURI SE HEERLIKE FRANSE SLAAISOUS

ZURI SE HEERLIKE FRANSE SLAAISOUS

Ek word moeg vir gewone slaaisouse, of dit nou my eie vinaigrette is en of dit uit botteltjies kom. In Frankryk ‘n paar jaar gelede het ons hierdie tipe slaaisous byna oral op slaai gekry, en dit was heerlik. Ek het dit tuis probeer namaak, en dis miskien nie presies dieselfde nie, maar dis baie lekker. Proe net goed: dit moet ‘n “tang” hê! Nie te soet nie, nie te suur nie — pas maar die suurlemoen en die suiker aan.

  • 30 ml vars suurlemoensap (nie asyn nie)
  • 15 ml strooisuiker (dit los makliker op as gewone suiker)
  • 1 knippie seesout soos Maldon
  • 1 ruim teelepel gladde Dijon-mosterd
  • ongeveer ¼ koppie vars room (so 65 ml)
  • goeie knippie growwe swart peper

Klits alles saam, en laat staan ‘n rukkie. Die sous sal effens verdik. Maak seker die suiker is opgelos, en proe vir daardie pikante smaak.

Resep en foto:  Zuri Roos

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page