ZONIA SE GEVULDE HOENDERBORSIES
Aandete, yummy! Hoender fillets gevul met groen vye, Feta, knoffel en suurlemoen peper, vas gerol in spek repies. Ek het klein konveksie oond gebruik.
- 4 hoenderborsies
- 4 groot groenvye
- 1 ½ wiel Feta kaas
- 1 teelepel knoffel
- suurlemoen peper na smaak
- 2 tot 3 repies spek per fillet
- olie
- roosmaryn
- hoender speserye
Sny die hoender borsies ‘n gleuf in, maar nie heel deur nie. Dit moet ‘n sakkie maak.
Sny die groenvye in blokkies asook die feta. Voeg die knoffel en suurlemoen peper by.
Skep die mengsel in die sakkie wat jy in die fillet gesny het.
Smeer die fillet met ‘n bietjie olie en gooi die hoender speserye en roosmaryn bo-oor.
Draai die spek om die fillet en steek vas met ‘n tandestokkie.
Bak op 180 ºC in ‘n konveksie oond vir 20 minute aan ‘n kant.
Moenie te lank bak dan is die hoender droog, alles moet net gaar wees.
Heeeeeerlik!
Resep en foto : Zonia Visser