Your Recipe Blog

ZITA SE BEESTERT MET GROENTE

ZITA SE BEESTERT MET GROENTE

Ek het lanklaas iets bygedra. Gisteraand se aandete was beesstert en soetpatats.

  • 1 kg beesstert
  • ½ koppie koekmeel
  • sout en peper, om die meel te geur
  • 3 uie, opgekerf
  • 250 g gesnipperde spek
  • 1 teelepel knoffel, gesny
  • 3 eetlepels sojasous
  • 3 eetlepels Worcestershire sous
  • 3 eetlepels BBQ sous (Wellingtons)
  • 3 koppies water
  • 2 aartappels
  • 2 wortels
  • bietjie olie om te verbruin

Bedek die beesstert met die meel, sout en peper en verbruin die vleis in bietjie olie in ‘n warm pan. Haal uit en hou eenkant.
Braai die spek, uie en knoffel saam tot ligbruin in dieselfde pan.
Sit die vleis en die spek, uie, en knoffel in ‘n stoompot saam met die res van die bestanddele, behalwe die aartappels en wortels. Stoom alles vir 1 uur.

Sny nou die groente in blokke, voeg dit by in die stoompot en stoom vir nog 50 minute.
Wanneer al die groente en vleis sag is, en die sous lekker dik, is die gereg reg om op te dien.

Nota:
Ek het wortels en aartappels gebruik, maar enigiets waarvoor jy lus het, is reg.
Probeer botterskorsie of murgpampoentjies of selfs blokkies pampoen.

Bedien met rys.

Resep en foto’s: Zita Harber

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page