“ZIPLOCK” SAKKIE OMELET
Vanaand lus vir omelet, toe probeer ek die Ziplock sakkie omelet.
- 4 eiers en ‘n bietjie melk gemeng
- gerasperde ham
- gerasperde kaas
- tamatie, pitte uitgehaal en net die buitekant gebruik en in blokkies gesny
- sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele saam en plaas in ‘n ziplock sakkie. Druk die lug uit seël.
Plaas ‘n pot water op die stoof en bring tot kookpunt.
Sodra die water kook, sit die geseëlde sakkie in die kokende water en laat kook vir 15 – 20 min.
Die sakkie sal al in die ronde draai, en so ‘n heerlike omelet vorm.
Keer uit op ‘n opdien bord en garneer soos verkies.
Bedien met slaai.
Resep en foto’s: Johan Westenberg
Petro van der Merwe:
Heerlik as ‘n mens vir ‘n klomp mense moet ontbyt gee. Sit verskillende vulsels uit en elkeen bou sy eie omelet bv: kaas, ham, worsies, sampioene, uie, mieliepitte, soetrissie, hoenderstukkies.



