YUM YUM BROOD
- 1 koppie water
- 1 koppie melk
- 125 g botter of bak margarien
- 1 kg broodmeel
- 2 eetlepels suiker
- 1 teelepel sout
- 100 ml lou warm water
- 1 pakkie gis (10 g)
Maak water en melk saam warm en smelt botter daarin, meng die sout daarby. Moenie te warm laat word nie, net dat botter smelt.
Meng die louwater, suiker en gis goed saam en sit eenkant tot dit begin skuim.
Plaas meel in groot meng bak en meng gis mengsel by die. Giet die melk mengsel by en roer tot dit ‘n deeg vorm.
Strooi meel op jou werkoppervlak en keer deeg daarop uit, strooi bietjie meel oor en knie en werk lekker tot deeg nie meer aan jou hande klou nie en lekker elasties is.
Laat staan en rys op ‘n warm plek tot deeg ten minste verdubbel het, so amper ‘n uur by my gewees. ‘Punch’ die deel so paar keer om groot lugborrels uit te kry.
Vorm in jou broodpanne en laat rys weer tot omtrent verdubbel.
Verhit jou oond tot 180 ºC.
Bak brood vir so 30 min of tot mooi goudbruin.
Foto en resep: Schalk Nel