Your Recipe Blog

YSTERVARKIES

Recipe by
Cook: 35-45 min

YSTERVARKIES

  • Beslag:
  • 230 g margarien
  • 310 ml suiker
  • 3 eiers
  • 750 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 250 ml melk
  • Sous:
  • 400 ml water
  • 650 ml suiker
  • 80 ml kakao
  • 15 ml botter of margarien

Verhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n 22 x 22 cm vierkantige oondpan met kleefwerende kossproei.
Klits die margarien en suiker tot romerig. Voeg die eiers een vir een by. Klits goed.
Meng die droë bestanddele en die melk om die beurt by die eiermengsel. Skep in die oondpan en maak gelyk.
Bak 35 – 45 min. lank of tot gaar. Laat afkoel en keer uit. Sny in blokkies.

Sous:
Kook die sous bestanddele saam en laat afkoel.
Doop koekblokke in die sous en rol in klapper.
Pak op ‘n rakkie om afteloop in dien nodig.
Bêre in ‘n lugdigte houer.

Wenk:
Alice Meintjes:
Goeie wenk om te keer dat koekblokkies krummel in die stroop. Sny blokkies en sit in vrieskas vir so ‘n uur. Plaas gevriesde blokkies in stroop en dan krummel dit nie.

Resep en foto:  Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page