Your Recipe Blog

YSTERVARKIES MET WITBROOD

YSTERVARKIES MET WITBROOD

Ek het 2 supermark brode gebruik en so 36 blokkies uit gekry. Baie lekker, sommer bietjie karamel bo-op gespuit net vir nog ekstra lekker.

  • 1½ koppies water
  • 3 koppies suiker
  • 1 koppie kakao
  • 2 eetlepels botter
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 3 koppies klapper
  • 1 paar dae-oue witbrood

Sny brood in ystervarkgrootte blokkies.
Behalwe vanilla, brood en klapper, meng res van die bestanddele en verhit op lae hitte tot suiker opgelos is.
Bring tot kookpunt en kook een minuut vining. Haal af van plaat en voeg vanilla by.
Doop broodblokkies in die warmstroop en rol in die klapper. (‘n tandestokkie werk maklik)
Laat staan op draadrakkie om af te loop en af te koel.

Resep: Wadi Wadi
Ftoto: Deoni Van Der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page