YSKOFFIE MET AMARULA-MELK
Hoeveelheid van die bestanddele gebruik jy volgens smaak.
- filterkoffie
- kaneel na smaak
- sjokoladestroop
- suiker
- melk
- Amarula
- vanilla- of amandelgeursel
Maak 2 koppies filterkoffie, terwyl dit warm is, voeg kaneel, sjokoladestroop en suiker na smaak by.
Roer deur en plaas eenkant om heeltemal af te koel.
Bedruip sjokoladestroop aan die binnekante van bedieningsglase, skink die koue koffie oor in die glase.
Plaas in die vrieskas tot die koffie gevries is.
Meng genoeg melk en Amarula na smaak om die glase op te vul tot vol, voeg bietjie vanilla- of amandelgeursel by.
Skink die melkmengsel bo-oor die gevriesde koffie.
Geniet!
Resep en foto: Meyer Combrinck