Your Recipe Blog

YSKAS VRUGTEKOEK

YSKAS VRUGTEKOEK

Graag deel ek met jul vanoggend so op ‘n pragtige Kersdag hierdie heerlike yskas vrugtekoek.

  • Variasie 1:
  • 100 g regte botter
  • 1 blik kondensmelk
  • 60 ml Rum of Brandewyn
  • 100 ml rooi kersies
  • 100 ml sultanas
  • 100 ml korente
  • 100 ml gekapte gemengde neute
  • 100 ml fyngesnyde dadels
  • 100 ml wit suiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 2 x 200 g fyn tennis beskuitjies
  • Variasie 2:
  • 250 ml gekapte dadels
  • 125 ml elk: sultanas, korente, rosyne, kersies en gekapte neute
  • 125 ml bruinsuiker
  • 125 ml botter
  • 1 blik kondensmelk
  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies, in stukkies gebreek
  • 5 ml vanilla geursel

Variasie 1:
Verhit botter, kondensmelk en Rum of Brandewyn saam.
Voeg suiker by en roer goed (nie kook nie).
Verwyder van hitte en meng met res van die bestanddele.
Druk in gesmeerde broodpannetjie vas.
Verkoel oornag. Sny in skywe en geniet.

Resep en foto: Magda Van Der Merwe

Variasie 2:
Smelt botter en suiker. Roer kondensmelk by.
Haal van stoof af en voeg vrugte en beskuitjies by.
Spuit ringkoekpan met Spray and Cook.
Druk mengsel in koekpan en laat staan 24 uur in yskas.
Sny soos verkies en geniet.

Resep: Veronica Roux

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5