Your Recipe Blog

YSKAS RUM EN ROSYNTJIETERT

Avatar photo
Recipe by
2 - 3 hours
Prep: 25 minutes |

YSKAS RUM EN ROSYNTJIETERT

  • 250 ml (1 koppie) pitlose rosyne of sultanas
  • 250 ml (1 koppie) room, verkoel
  • 1 blik (360 g) karamelkondensmelk
  • 5 ml (1 teelepel) rumgeursel
  • 45 ml (3 eetlepels) rum
  • 1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
  • ekstra Tennisbeskuitjies, verkrummel, en ekstra rosyntjies of sultanas vir versiering, opsioneel

Smeer ‘n veerklamppan van 23 cm.
Giet kokende water oor die rosyntjies en hou eenkant tot dit uitgeswel het. Dreineer goed.
Klits die room styf en voeg die karamelkondensmelk by. Meng goed.
Voeg die gedreineerde rosyntjies, rumgeursel en rum by en meng.
Plaas ‘n laag Tennisbeskuitjies in die voorbereide tertbak en skep ’n laag karamelmengsel bo-op.
Herhaal die lae en sprinkel gekrummelde beskuitjies en rosyntjies bo-op indien verkies.
Verkoel 2 – 3 uur of oornag voor dit voorgesit word.

Foto: Michele Botha Pretorius

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page