YSKAS ROOM KAASKOEK
Ek moes kaaskoeke maak met ‘n geel kleurskema.
- 1 koppie suiker
- 250 g maaskaas
- 3 eiers, geskei
- 250 ml vars room
- 250 ml Orley whip
- 15 ml gelatine
- 60 ml warm water
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 80 – 100 ml botter, gesmelt
Maak Tennisbeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter aan vir ‘n kors.
Druk vas in ‘n 24 cm losboom pan en sit in die yskas terwyl die vulsel gemeng word.
Klits die suiker, maaskaas en eiergele saam vir 4 minute.
Klits die vars room apart styf.
Klits die Orley whip apart styf en klits die eierwit ook apart styf.
Vou alles in by die maaskaasmengsel. (vou in moenie oor meng nie)
Maak die gelatine aan met die warm water en voeg in by mengsel.
Meng goed deur en skep in die kors.
Plaas in die yskas om goed te stol.
Nota:
Let wel die tert word nie gebak nie.
Resep en foto: Elizabeth Haupt