YSKAS MISSISSIPPI MODDERKOEK
Losboompan gesmeer, ek het ‘n stel van 3, het grootste 1 geneem (deursnee 260 mm), die pan se ring moet ook kan losmaak.
- Kors:
- 200 g Marie beskuitjies, fyn gemaak
- 125 g botter, gesmelt
- 100 g sjokolade, grof gerasper
Meng die 3 bestanddele saam en druk mengsel stewig vas op boom en kante van losboom pan. Verkoel vir ±1 uur.
- Vulsels:
- 500 g sjokolade
- 400 g malvalekkers
- 500 ml dik room, geklits tot styf met 2 eetlepels strooisuiker
- 4 eetlepels melk
- 2 teelepels sterk koffie
Smelt omtrent 2/3 (250 g) van die malvalekkers met melk. Moenie as malvalekkers gesmelt is, dit klits nie, meng net deur sodat dit nog fluffy is. Laat effe afkoel. Smelt sjokolade, laat effe afkoel en voeg by afgekoelde malvalekkermengsel.
Meng versigtig helfte van dik geklopte room by sjokolade en malvalekkermengsel om dit nog fluffy te hou.
Skep in die pan op die kors en sit in yskas om te stol, ± 1 tot 2 ure.
Volgende smelt oorblywende malvalekkers (150 gram) en laat effe afkoel.
Maak koffie aan met 2 eetlepels kookwater, voeg by gesmelte malvalekkers en daarna die res van die styfgeklopte room.
Skep versigtig oor eerste laag en laat oornag in yskas.
Volgende dag:
Maak pan versigtig los en skuif tert oor op opdienbord. Versier soos jy verkies.
Foto: Alta Gunter Van Dyk
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk (kom van my skoonsus uit Vancouver)