Your Recipe Blog

YSKAS KAASKOEK

Avatar photo
Recipe by
4-5 ure of oornag

YSKAS KAASKOEK

  • Basis:
  • 25 gemmerkoekies
  • 1 teelepel fyn gemmer
  • 100 g botter of margarien
  • Vulsel:
  • 5 teelepels gelatien
  • 4 eetlepels water
  • 500 g volroom roomkaas
  • fyn gerasperde skil en sap van 1 lemoen of suurlemoen
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • 3 ekstra-groot eiergele
  • 200 g strooisuiker
  • 250 ml room, lig geklop
  • 2 blikkies ingelegte aarbeie/vars vrugte bv. kiwivrug aarbeie of nektariens, as versiering

Vir basis, maak koekies fyn in voedselverwerker met staallem. Voeg gemmer by.
Smelt botter of margarien en roer dit by die krummels.
Druk ‘n dun laag van die krummelmengsel vas op die boom van gesmeerde 23 cm-losboomkoekpan.
Bedek en verkil terwyl die vulsel gemaak word.

Strooi gelatien oor die water en laat dit spons.
Klop die roomkaas en voeg lemoen- of suurlemoenskil en- sap en vanieljegeursel by.
Klits eiergele en strooisuiker saam tot ligkleurig en dik en voeg by roomkaasmengsel.
Voeg lig geklopte room by.
Mikrogolf die gelatienspons 2 minute op medium krag om dit te versag, of los dit op oor kookwater, weg van die stoof.
Giet die gelatien in ‘n egalige straal by die roomkaasmengsel en klop tot dit egalig versprei is.
Giet die mengsel oor die basis en plaas dit in die yskas tot gestol.
Versier met vrugte.

Foto en resep: Cecelia Gouws‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page