Your Recipe Blog

XANDRI SE YSKAS BRUINTJIES (BROWNIES)

XANDRI SE YSKAS BRUINTJIES (BROWNIES)

  • 250 g botter/margarien (Stork to bake werk goed)
  • 500 g versiersuiker
  • 80 ml kakao
  • 1  groot eiers
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 pakkies Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek (150g elk)
  • OF
  • 250 g botter/margarien (Stork to bake werk goed)
  • 500 g versiersuiker
  • 100 ml kakao
  • 2  groot eiers
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 3 pakkies Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek (150g elk)

Smelt die botter/margarien in die mikrogolf tot sag, maar nie loperig. Sif die versiersuiker en kakao by die botter. Meng die eiers by en meng goed deur.
Sit in mikrogolf vir 1 minuut. Roer deur en mikrogolf weer vir 1 minuut.
Voeg die vanilla geursel by en roer goed.
Voeg die Marie beskuitjies by. Roer alles goed deur en skep in ‘n pannetjie en maak gelyk. (ek spray en cook die pannetjie eers).
Sit die pannetjie in die yskas tot hard.
Haal uit vir so 15 min en sny dan as dit nie so kliphard is nie.
Pak in ‘n bak met ‘n deksel en sit terug in yskas.

Notas:
Myne het aan die begin jare ook altyd pap gekom, maar kom nou reg uit en ek maak dit minstens 2 keer ‘n maand. Ek gebruik net Stork to bake of Gorden Bleu bak botter. Die botter moet net-net gesmelt wees en ek gebruik ook large eiers. Die pakkies Marie beskuitjies is 200 g elk.
Dink dit lê in die smelt van die botter en dan ook in die mikrogolf tyd, 2 min roer en weer 2 min.

Foto en resep: Xandri Beukes
2de foto: Ronell Visser Gouws
Nota:  Ek moes resep aanpas, want dit het ‘n papperellie gebly. Ek het ook ekstra koekies fyn fyn gerol die koekie daarin gerol en dit verpak soos op die foto.

Corna J V Rensburg:
En dis altyd ‘n sukses. Dieselfde resep, maar onthou jy smelt net. Moenie kook nie en die eier word heel laaste vinnig ingeroer. Haal van die stoof af voor jy die eier inroer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5