Your Recipe Blog

WYNPOEDING

Cook: 60 minute | Servings: 8 porsies

WYNPOEDING

  • 2 eiers
  • 250 ml sagte bruinsuiker
  • 50 ml (2 eetlepels) asyn
  • 5 ml sout
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • 500 ml melk
  • 50 ml appelkooskonfyt
  • Sous:
  • 375 ml suiker
  • 500 ml melk
  • 125 g botter of margarien
  • 75 ml brandewyn
  • 75 ml soetwyn
  • 5 ml vanilla geursel
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondbak.
Klits die eiers, bruinsuiker en asyn goed saam.
Sif die sout, koekmeel en bakpoeier oor en roer by.
Los koeksoda in melk op en roer saam met die appelkooskonfyt by die mengsel.
Giet in oondbak en bak vir 60 minute tot gaar.
Sous:
Kook suiker, melk en botter saam vir 5 minute. Roer die brandewyn, soetwyn en vanilla geursel by.

Giet sous oor warm poeding en sit voor saam met vla of room.

Resep geplaas deur en foto’s: Louisa Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5