Your Recipe Blog

WRAPS

WRAPS

  • 3 koppies koekmeel (jy kan 1 koppie vervang met 1 koppie mieliemeel)
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ⅓ koppie kookolie
  • 1 koppie baie warm water (gebruik kookwater net voor die ketel kook)
Meng droë bestanddele en voeg water by.
Knie totdat deeg elasties is ( sowat 3 minute).
Dit kan dadelik gebruik word, maar dis veel beter om dit ‘n ruk te laat staan.
Wraps word in ‘n ongesmeerde pan , crepe pan of op bakplaat gemaak.
Verhit die pan eers baie goed en draai hitte af sodra jy begin bak.
Op ‘n meelbestrooide oppervlak rol die deeg in ‘n wors. Sny in 10 gelyke dele.
Rol elke stuk in ‘n bal en rol uit tot so 2mm dik. ( dis effe deurskynend).
Jy kan dit rond sny om ‘n bord as jy almal eweredig wil hê.
Plaas op warm bakoppervlakte. Die deeg sal borrels maak. Draai dan om en bak anderkant.
Dis ‘n vinnige proses dus wees versigtig vir brand.

Wraps met mieliemeel kan in stukke gesny en op ‘n bakplaat gesit word, met olyfolie en sout besprinkel en gebak soos tortilla skyfies.

Nota:
Ek moet byvoeg dat ek flatbread maak om by kerrie of sop te eet met dieselfde deeg. Ek breek dit af soos vetkoekdeeg en rek uit tot so 1cm dik,  braai in bietjie olie of bak dit soos die wraps. Plaat moet koeler wees omdat dit dikker is. Verf met knoffel -olyfolie.

Resep en foto: Sandra de Roubaix

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page