WRAPS MET GEROOKTE HOENDERVULSEL
- 3 koppies koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel sout
- ⅓ koppie olie
- 1 koppie warm water
Meng al die droë bestanddele in ‘n menger met deegspaan op medium spoed.
Voeg olie en water by en meng op medium totdat die deeg ‘n bal vorm en glad lyk. Stel spoed af na stadig vir nog so minuut. Haal uit en plaas op meelbestrooide oppervlak en deel in 16 gelyke grootte stukkies deeg.
Laat rus vir ten minste 15 minute maar tot ‘n maksimum van 2 ure.
Verhit ‘n swaarboompan oor medium hitte en spuit met kleefwerende middel.
Rol deeg stukkie so dun as moontlik uit. Degie is lekker elasties.
Plaas in pan en bak ongeveer 2 minute aan elke kant.
Plaas in houer met deksel sodat die wraps sag bly.
- Gerookte hoendervulsel
- 3 gerookte hoeder filette, in klein blokkies gesny
- 1 eetlepel olyf olie
- 2 eetlepels heuning
- 1 teelepel mosterdsous
- ½ teelepel soyasous
- 1 teelepel Maizena, aangemaak met klein bietjie water indien nodig
Plaas olyfolie, heuning, mosterdsous en soya sous in kastrol op medium hitte. Sodra dit begin borrel voeg die hoender by. Roer deur en draai hitte op laagste. Laat prut vir so 3 minute totdat die hoender warm is. As dit bietjie water getrek het, verdik met ‘n teelepel Maizena.
- gladde maaskaas met spring onion of chives
- gemengde slaai blare
- vars rocket blare
- rooi ui, fyn gesny en in mengsel van 60 ml balsamic asyn en 20 ml heuning geweek (minstens 1 uur)
- sesame en poppy saad mengsel
Plaas wrap in bord. Smeer maaskaas 1ste oor die wrap.
Plaas die gemengde slaai blare en rocket blare bo-op die maaskaas.
Skep die hoender en ‘n bietjie van die rooi ui bo-op die slaaiblare en sprinkel sesame en poppy saad mengsel oor. Vou op en geniet.
Resep en Foto: Adéle Horn