Your Recipe Blog

WORTELVINGERS

WORTELVINGERS

  • 2 groot rou wortels
  • 2 eiers
  • ½ koppie melk
  • knippie sout
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 eetlepels fyn kaneel
  • 3 eetlepels bruinsuiker
  • ongegeurde jogurt (met of sonder teelepel suiker) óf styfgeklopte room vir opdiening (opsioneel)
  • canola (of sonneblom) olie vir diepbraai

Skil die wortels en sny in lengte deur en dan in dik “vingers”/repe.
Klits die eiers, melk en knippie sout saam.
Doop die wortels daarin en laat dit lê tot die meelmengsel gereed is.
Meng die koekmeel, bakpoeier, kaneel en suiker saam.
Doop die wortels in die meelmengsel.
Bedek orals en skud die oortollige meel goed af.
Doop weer in eier en weer in meel (dit maak net dat die degie beter vassit).
Plaas op ‘n skinkbord in die yskas vir so 5 minute.
Verhit die olie tot medium hitte (nie te warm nie, want jy wil die wortels mooi sag kry binne en degie bros buite).
Plaas die wortelvingers een vir een in die olie, na gelang van die grootte van jou oliepan.
Nie alles gelyk nie, dit sal die olie koud maak.
Bak tot sag en gaar binne en goudbruin en bros buite.
Bedien warm saam met stywe room of ongegeurde jogurt.
Strooi ekstra kaneelsuiker oor indien verkies

Nota:
Ek het dit as bykos bedien saam met biefstuk en roerbraai groente.
Dit kan ook as ‘n voorgereg of peuselhappie bedien word.

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page