Your Recipe Blog

WORTELSLAAI MET VRUGTEKELKIE

WORTELSLAAI MET VRUGTEKELKIE

‘n Resep met ‘n vreemde kombinasie van bestanddele, maar heerlik. Dit is tannie Sarie van Kareedouw se resep.

  • Slaai:
  • 1 blik vrugtekelkie (410 g)
  • 1 koppie gerasperde kaas (ek het dit in blokkies gesny)
  • 2 koppies gerasperde wortels (of meer)
  • 1 soetrissie, klein blokkies gesny
  • uieringe of groen uitjies
  • handvol rosyntjies
  • handvol grondbone
  • appelblokkies
  • Mosterdsous:
  • 6 eiers
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie asyn
  • 2 groot eetlepels mosterdpoeier
  • 3 eetlepels botter
  • sout

Meng die slaai bestanddele liggies saam.
Maak die mosterdpoeier met bietjie asyn aan. Klits die eiers hierby.
Voeg al die bestanddele vir die sous bymekaar in ‘n potjie.
Kook vir ‘n rukkie, terwyl gedurig geroer word. Die sous maak 750 ml.
Meng die sous met die slaai, hoeveelheid na smaak.

Nota:
Nie al die sous word vir die slaai gebruik nie. Die sous is handig om in die yskas te hê vir bv. worsrolletjies, toebroodjies ens. Jy kan die sousresep halveer.
Marlene – Ek het nie die mosterdsous met die slaai gemeng nie, dit lyk mooier wanneer jy die slaai met die sous apart voorsit. Ek het ook die vrugtekelkie dreineer voor dit bygevoeg is by die slaai, dit raak te souserig, jy kan altyd die kelkie se sous met die mosterdsous meng om dit bietjie meer vloeibaar te maak. Ek het rooiui gebruik ipv gewone ui, die kaas in blokkies gesny ipv rasper en die wortels grof gerasper.

Resep getoets en foto: Marlene Potgieter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page