WORTELSKONS
- 2 koppies koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- ¼ koppie kookolie
- 1 eier
- 1 ½ koppie melk
- ¾ koppie gerasperde wortels
- ½ koppie rosyne en grondboontjies
- skil van 2 lemoene, gerasper
Meng die droë bestanddele in ‘n mengbak en voeg die wortels daarby en meng deur.
Meng die nat bestanddele en voeg dit saam met die lemoenskil, rosyne en grondboontjies by die meelmengsel en roer goed deur.
Skep die deeg in voorbereide muffinpanne en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C for 20 – 30 minute.
Resep en foto: Cobie Gagiano