WORTELPOFFERTJIES
Ek wil graag hierdie heerlike gereg met julle deel, almal vra die resep en kinders love dit!
- 500 ml gerasperde rou wortels
- 250 ml koekmeel
- 1 ml sout
- 12,5 ml suiker
- 250 ml water
- 10 ml bakpoeier
- 1 groot eier
- 100 ml melk
Kook wortels sag/gaar en dreineer.
Sif droë bestanddele en voeg wortels by.
Maak aan met melk, suiker en eier.
Bak teelepels vol in warm olie.
Bedien met warm karamelsous.
Nota:
Hierdie is ook lekker vir platters, gebruik gerus ook gerasperde patats, bedien dan met kaneelsuiker.
Gerasperde sampioene in bietjie botter gebraai, met knoffelsousie is ook heerlik.
Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Floraine Wasserman Venter