Your Recipe Blog

WORTELKOEKIE PEUSELHAPPIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15-20 minute

WORTELKOEKIE PEUSELHAPPIES

Ek het die reseppie vir kinders in die Huisgenoot raak gelees en ‘n foutjie gemaak, maar dit bly nog altyd lekker.
Ek het bruismeel gebruik i.p.v. volkoringmeel toe rys hulle i.p.v. om nie te rys nie.
Die resep is sonder die sout en suiker, ek het dit ekstra bygevoeg.

  • 1 ½ koppie gerasperde wortel
  • ½ koppie water
  • 1 koppie volkoringmeel of bruismeel
  • ½ kopppie gerasperde Cheddar kaas
  • 2 groot eiers
  • ¾ teelepel sout
  • 2 eetlepels suiker

Meng die water en wortels en plaas in mikrogolf op hoë hitte vir 3 minute.
Dreineer die water en maak droog op ‘n doek of handdoekrol tot al die vog uit is.
Plaas die eiers, kaas en wortel asook sout en suiker in ‘n voedselverwerker en verwerk tot pulp.
Voeg die meel kwart koppies gewys by en meng elke keer goed tot ‘n deeg in ‘n mengbak, nie te klewerig of te pap nie (ek het nog meel moes byvoeg om stywer te kry).
As die deeg uitgerol kan word, rol dit tot 5 mm dikte uit en druk koekie vorms van jou keuse.
Ek het sommer met ‘n teelepel bolletjies gemaak en op ‘n gespuite bakplaat geplaas en met ‘n nat lepel plat gedruk tot 5 mm dikte.
Plaas dit in ‘n voorverhitte oond op 180°C en bak vir 15 tot 20 minute.

Is lekker so vir ‘n peuselhappie en of saam tee.
Bêre enige oorskiet as daar is in ‘n lugdigte houer tot later.

Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page