Your Recipe Blog

WORTELKOEK VERSIERSEL IDEES

WORTELKOEK VERSIERSEL IDEES

Lorett Brittnell
Ek gebruik net die volgende en dis uit ‘n ander wêreld.

  • 1 blik volroom kondensmelk
  • ½ melkblik Trulem suurlemoensap
  • 1 bakkie Lancewood mediumvet roomkaas

Skep kondensmelk in ‘n mengbak uit en voeg suurlemoensap by. Klits tot gemeng (sal effe loperig wees)
Klits dan roomkaas by tot goed gemeng.
Maak toe met ‘n deksel of clingwrap en laat oornag of langer in yskas tot gestol.
Skep direk met ‘n lepel uit op goed afgekoelde koeklae SONDER om dit vooraf te klits en sit koek terug in yskas.

Bertha Keller
Hierdie een is regtig baie lekker.

  • Icing:
  • 230 g LANCEWOOD® Medium Fat Plain Cream Cheese
  • 250 ml icing sugar
  • 80 g white chocolate, melted
  • extra chocolate and nuts for decorating

Beat the cream cheese and icing sugar together until creamy. Add the melted chocolate while beating continuously. Use half the icing and spread on the one cake. Place the other cake on top of the iced cake and spread the remaining icing on top. Garnish with grated chocolate or chocolate shavings and chopped pecan nuts.

Laura van Rensburg
Meng die volgende goed saam en gebruik as versiersel.

  • 60 ml goeie margarien kamertemperatuur
  • 500 ml versiersuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 30 ml gewone jogurt
  • 5 ml suurlemoensap

Ilanirudy Lewis

  • Klits die volgende goed saam:
  • ½ koppie botter
  • 3 koppies versiersuiker
  • Voeg 2 eetlepels vanilla kitspoeding by en meng goed.
  • Voeg 1 koppie roomkaas by. Moenie klits nie! Meng net liggies deur.
  • Voeg ‘n ½ koppie gekapte pekaneute by indien verkies, of sprinkel bo op koek nadat versier is.

Verkoel ‘n rukkie in yskas om te stol.
(‘n Hele pakkie kitspoeding kan ook bygevoeg word indien ‘n stywer versiersel verlang word. “Butterscoth” of ” caramel” geursel poeding is net so lekker hierby).

Delene Breytenbach

  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie melk
  • 90 ml koekmeel
  • 5 ml vanilla
  • knippie sout
  • 1 houertjie gladde ongegeurde volroom maaskaas

Meng alles en verhit stadig totdat dit ‘n taai gaar bal vorm. Laat afkoel.
Klits die maaskaas bietjie vir bietjie by tot glad en goed gemeng.

Nota:
Suiker kan verminder word. Ek gebruik 125 ml suiker.

Foto:  Lorett Brittnell

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page