Your Recipe Blog

WORTELKOEK MET PYNAPPEL

Recipe by
Cook: 40 minute

WORTELKOEK MET PYNAPPEL

Baie maklik en heerlik!

  • Koek:
  • 2 koppies suiker
  • 2 koppies bruismeel
  • 1 teelepel koeksoda
  • 2 teelepels kaneel
  • 1 koppie olie
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 4 eiers
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 klein blikkie fyn pynappel (sonder stroop)
  • ½ pakkie pekanneute, gekap
  • 2 koppies gerasperde wortel

Meng al die bestanddele saam en bak 40 minute by 180°C in ‘n plat pan of ringpan. Wanneer afgekoel, smeer roomkaas versiersel op en strooi pekanneute bo-op.

  • Versiering:
  • 1 koppie versiersuiker
  • 1 eetlepel margarien
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 houer roomkaas
  • ½ pakkie pekanneute, gekap

Meng al die bestanddele goed saam en versier die koek na smaak.

Foto en resep: Beverley Oliver Smith

Category:

2 Reviews

  1. Anna van Zyl

    Hierdie is ‘n vraag. Word die wortels grof of fyn gerasper?

    • Hallo Anna
      Dit is maar jou persoonlike keuse, ek rasper altyd die wortels grof dan is die tekstuur van die koek baie beter, veral die pynappel koek is baie klam en sal geneig wees om kluitjierig voor te kom wanneer jy die wortels ook te fyn rasper…
      lekker bak

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page