Your Recipe Blog

WORTELKOEK MET NEUTE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

WORTELKOEK MET NEUTE

  • 4 eiers
  • 500 ml suiker
  • 250 ml kookolie
  • 625 ml bruismeel
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml kaneel
  • 1 ml sout
  • 500 ml geelwortels, geskil en fyn gerasper
  • 100 g pekanneute, opgekap, nie te grof

Voorverhit die oond tot 180° C.
Smeer of spuit ‘n groot ringpan van sowat 30 cm in deursnee en 5 cm diep.
Klits eiers en suiker tot lig en romerig.
Voeg olie by en klits weer goed.
Sif die droë bestanddele behalwe neute en vou dit by eier mengsel in.
Roer wortels en neute liggies in by mengsel.
Skep in voorbereide pan en bak sowat 40 min tot gaar.
Haal uit en laat heeltemal afkoel.

  • Versiersel:
  • 100 ml sagte botter
  • 700 ml versiersuiker, gesif
  • 1 pakkie (226 g) roomkaas (*NIE maaskaas of geroomde maaskaas nie)
  • 2.5 ml vanilla geursel
  • 150 ml gekapte pakanneute

Meng botter en versiersuiker goed saam. Vou roomkaas in en roer versigtig deur tot glad. Voeg geursel by. Smeer bo-op afgekoelde koek en sprinkel neute oor.

Resep geplaas deur Telana Erasmus de Winnaar
Foto:  Telana Erasmus de Winnaar

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page