Your Recipe Blog

WORTELKOEK MET MINDER SPESERYE

Recipe by
Cook: 25 minute

WORTELKOEK MET MINDER SPESERYE

Ek glo nie almal is so vol fiemies soos ek nie, maar ek hou nie van te veel speserye in my gebak nie. Ek het hierdie resep by my dierbare skoonsus gekry en vir die eerste keer het ek ‘n wortelkoek gebak soos ek daarvan hou. Die koek is heerlik!

  • 200 g wit suiker
  • 150 ml kookolie
  • 3 eiers
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 200 g koekmeel
  • 10 ml kaneel
  • 125 g fyngemaakte piesang (omtrent so 1½)
  • 125 g geskilde en grofgerasperde wortels
  • 50 g walnuts (ek het pekan neute gebruik)
  • ‘n bietjie gekapte neute om bo-oor te gooi
  • Vulsel:
  • 100 g botter kamertemperatuur en sag (magarien kan gebruik word, maar botter proe lekkerder)
  • 100 g roomkaas
  • 200 g versiersuiker
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180°C. Sit ‘n laag bakpapier onder in 2 x 23 cm koekpanne, smeer of gebruik spray ‘n cook.
Room die suiker, eiers en olie saam. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en kaneel goed en voeg by eiermengsel.
Roer piesang, wortels en neute by en meng goed deur.
Skep in die 2 voorbereide panne. Dit maak nie ‘n dik laag nie.
Bak vir 25 min tot gaar. Laat ‘n rukkies staan en haal uit die panne uit. Laat goed afkoel.
Terwyl die koek afkoel, meng al die vulselbestanddele saam. Sit vulsel tussen die twee lae en bo op.

Resep en foto : Francis Schoeman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5