Your Recipe Blog

WORTELKOEK MET FYN PYNAPPEL

Recipe by
Cook: 45 - 50 minute

WORTELKOEK MET FYN PYNAPPEL

Resep en foto: Elda Steyn Langenhoven

  • 625 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 7½ ml koeksoda
  • 5 ml sout
  • 15 ml gemengde speserye
  • 310 ml olie
  • 4 eiers
  • 1½ koppies suiker
  • 2 koppies fyn gerasperde wortel
  • 1 koppie fyn pynappel, gedreineer
  • ½ koppie gekapte pekanneute
  • roomkaas versiersel
  • Sif die droë bestanddele twee keer saam.
  • Klits die eiers, suiker en olie goed vir drie minute op ‘n hoë spoed.
  • Voeg die wortels, pynappel en neute by en meng dit met ‘n metaallepel in.
  • Sif die droë bestanddele bo-oor die mengsel en vou dit in met ‘n metaallepel totdat dit goed gemeng is.
  • Bespuit ‘n ringpan met ‘n kleefwerende kossproei en strooi ‘n bietjie meel oor. Skud die oortollige meel uit.
  • Plaas die mengsel in die ringpan en bak by 180 °C vir ongeveer 45 – 50 minute of totdat ‘n  toetspen skoon uitkom.
  • Laat die koek in die pan afkoel vir 10 minute voordat die koek uitgekeer word.
  • Versier met ‘n roomkaas versiersel.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page