Your Recipe Blog

WORTELKOEK GESKIK VIR TROUKOEKE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

WORTELKOEK GESKIK VIR TROUKOEKE

  • 3 ekstra groot eiers
  • 375 ml suiker
  • 250 ml olie
  • 500 g wortels, gerasper
  • 625 ml koekmeel
  • 7 ml bakpoeier
  • 7 ml fyn kaneel
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml sout
  • 1 pak (100 g) pekanneute, gekap

Voorverhit oond tot 180 ºC.
Klits eiers en voeg suiker by. Klits tot liggeel. Voeg die olie by en meng goed deur.
Voeg wortels by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout by die mengsel in en meng baie goed deur.
Voeg neute by en meng.
Giet in voorbereide panne en bak vir ± 45 minute lank of tot gaar.

Foto: Thalia Rondganger
Tweede foto: Hanmarié Roos – Een van die beste wortelkoek resepte wat ek al probeer het. Ek wil net bylas dat ek die resep 5 x aangemaak het.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page