Your Recipe Blog

WORTELBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 50 minute | Servings: 1 brood

WORTELBROOD

Ek het die wortelbrood gemaak wat verlede week geplaas is, maar met ‘n paar veranderinge. Dis heerlik!

  • 2 koppies volgraanmeel
  • ¾ koppie suiker
  • 1 ½ teelepel koeksoda
  • 2 teelepels kaneel
  • 1 teelepel sout
  • 2 ½ koppies grof gerasperde wortel
  • 1 appel, grof gerasper
  • 3 eiers
  • ¾ koppie olie
  • ¼ koppie melk
  • 1 teelepel vanilla geursel

Voorverhit oond tot 180ºC.
Spuit ‘n lang broodpan.
Meng die droë bestanddele saam in ‘n medium bak. Hou eenkant.
Meng die wortels, appel, eiers, olie, melk en vanilla in ‘n groot bak.
Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en roer tot net gemeng.
Skep in die broodpan en bak vir 40 – 50 minute tot ‘n mespunt droog uitkom.

Nota:
Die helfte was ongelukkig reeds opgeëet toe die foto geneem is! Regtig baie lekker.

Resep en foto: Anlia Opperman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page