WORTELBESKUIT
- 2 koppies koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- 1 teelepel kaneel
- sout
- 1 koppie bruinsuiker
- 3 eiers
- 1 koppie sonneblomolie
- 1 teelepel vanilla geursel
- 3 koppies gerasperde wortels
- ½ koppie fyn klapper
- ½ koppie gerasperde appel
- ½ koppie gemaalde neute – pekan of amandel
Verhit oond 180°C en spuit die pan.
In groot mengbak, sif die meel, bakpoeier, sout, koeksoda en kaneel saam.
Meng die suiker, olie, eiers en vanilla in ‘n maatbeker en voeg by die meelmengsel. Meng goed.
Voeg die wortel, klapper, appel en neute by.
Meng goed dat alles mooi versprei.
Skep in voorbereide pan.
Bak beskuit so 40 tot 50 min.
Laat effens afkoel en sny in vingers.
Droog uit soos gewoontlik.
Resep: Elmarie de Bruyn
Nota en foto: Marlene Potgieter – Ek het bruismeel gebruik ipv koekmeel en bakpoeier, 1 teelepel gemengde spesery bygevoeg en ipv neute, het ek 1 koppie grondboontjie- en rosynemengsel bygevoeg. Pan wat ek gerbuik het vir resep gehalveer was 26 cm x 16 cm.
Die beskuit is heerlik. ‘n Baksel lewer ongeveer 1.2 kg beskuit.
2de foto: Iselle Jansen Van Vuuren
Ek het weer julle lieflike wortel beskuit probeer, maar wat ek gedoen het is om die bruismeel te gebruik van 1 kg en moes alles verdubbel. Die 1 teelepel bakpoeier en die 1 teelepel koeksoda asook die 1 teelepel gemengde speserye bygevoeg. Het net 1 koppie rosyntjies gebruik en in daai spesiale plat beskuit panne gebak. My beskuit het lekker hoog uitgekom. Hier is my beskuit. Baie tevrede daarmee en werk vir mense wat “lactose intolerant” is.