WORTEL SPUTNIKS
- 3 wortels, “top and tail” afgesny
- seldery stingels
- anjovette filette
- kapokaartappels (sonder enige melk of botter anders klou dit nie)
- gerookte paprika
- Southern Coating
- olie vir diep braai
Neem die wortels, “top and tail” afgesny, sny in die helfte en hol uit met skiller se skerp punt. Blansjeer tot al dente.
Sny seldery stingels die lengte van die wortels en draai toe met anjovette filette. Druk in uitgeholde wortels.
Omvou elke wortel helfte met fyn kapokaartappels (sonder enige melk of botter anders klou dit nie) en besprinkel met gerookte paprika.
Plaas in die yskas om te rus vir ten minste 30 minute of langer.
Berei die slapdeeg voor terwyl jy wag.
Doop na 30 minute die voorbereide sputnicks in die slapdeeg (resep volg), rol in Southern Coating en diep braai in olie tot ligbruin.
- Slapdeeg:
- 250 ml koekmeel
- 1 geklitste eier
- bietjie melk
- sout
Rangskik op opdien bord en geniet met ‘n doopsous van eie keuse.
Resep en foto: André Nel