Your Recipe Blog

WORTEL-ROLKOEK

Cook: 12 - 14 minute

WORTEL-ROLKOEK

Resep getoets en foto: Ilze Jacobs
Dis regtig baie, baie lekker. Die hoeveelheid meel is perfek.

  • Beslag:
  • 95 g koekmeel
  • ½ teelepel koeksoda
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel kaneel
  • ½ teelepel gemmer
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • ¼ teelepel sout
  • 3 groot eiers
  • 100 g witsuiker
  • 65 g bruinsuiker
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 2 koppies gerasperde wortels
  • ½ koppie gekapte okkerneute vir garnering, opsioneel
  • Vulsel:
  • 125 g botter of margarien
  • 1 koppie versiersuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 225 g saggemaakte roomkaas (nie maaskaas nie)
  • Meng die meel, koeksoda, bakpoeier, speserye en sout saam.
  • In ‘n aparte bak, klits die eiers en 2 suikers vir 3 – 4 minute tot lig en roer die vanilla by die mengsel in.
  • Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en vou saam met die wortels deur (moenie te woes meng sodat die lug uit die mengsel ontsnap nie).
  • Voer ‘n rolkoekpan uit met bakpapier en spuit of smeer met olie.
  • Skep die beslag in die pan en versprei eweredig.
  • Bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 12 – 14 minute.
  • Haal die koek uit die oond, sprinkel versiersuiker bo-oor en keer uit op ‘n klam vadoek.
  • Trek die bakpapier versigtig af en rol die koek, terwyl dit nog warm is, vanaf die kort kant styf op.
  • Laat staan die koek so opgerol tot heeltemal afgekoel.
  • Maak intussen die vulsel aan.
  • Klits die botter en suiker saam in ‘n mengbak.
  • Voeg die vanilla en roomkaas by en klits tot glad.
  • Rol die afkoelde koek versigtig oop en smeer ongeveer 2/3 van die vulsel oor die oopgerolde koek.
  • Rol die koek weer versigtig op met die vulsel en plaas dit op ‘n bord.
  • Smeer die oorblywende versiersel bo-op die gerolde koek.
  • Sprinkel met neute, indien verkies en verkoel vir ten minste ‘n uur voordat dit bedien word.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page