WORTEL KOLWYNTJIES
- 4 eiers
- 300 g suiker
- 250 ml kookolie
- 325 g bruismeel
- 5 ml koeksoda
- 5 ml fyn kaneel
- 1 ml sout
- 350 g geskilde, grof gerasperde wortels
Maak oond se deur na so 18 minute oop en toets die kolwyntjies.
Gebruik ‘n toets stokkie en druk in die middel van een kolwyntjie, dit sal droog uitkom as dit reg is.
- Versiersel:
- 50 g sagte margarien
- 500 ml versiersuiker
- 50 ml maaskaas
- 5 ml vanilla geursel
- fyn gekapte neute
Klits die margarien en voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by terwyl daar heeltyd geklits word.
Voeg nou maaskaas en vanilla geursel by en meng goed.
Smeer op die kolwyntjies en voeg ook ‘n bietjie fyngekapte neute oor vir versiering.
Resep en 2de foto: Maudie van Zyl
Foto: Elsabie O’Niell Ackerman
Elsabie O’Neill Ackerman –
Ek wil jou net komplimenteer, hierdie resep is ongelooflik lekker. Baie dankie.