Your Recipe Blog

WORTEL-KAASKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 tot 30 minute

WORTEL-KAASKOEK

  • Wortelkoek laag:
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 2 eiers
  • ½ teelepel kaneel
  • ¾ koppie olie
  • knippie sout
  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 wortels (is ± 1 koppie, gerasper)

Klits die suiker eiers saam. Voeg die kaneel, olie en sout by.
Sif die meel en bakpoeier en vou dit in.
Rasper die wortels en voeg by.
Hou eenkant.

  • Kaaskoek laag:
  • 250 ml maaskaas
  • ¾ koppie suiker
  • ½ koppie suurroom
  •  2 eiers
  • 1 ½ eetlepel koekmeel

Klits die maaskaas en suiker saam en voeg suurroom by.
Klits die eiers en voeg die meel en eiers by die maaskaasmengsel.
Skep die wortelkoekmengsel in ‘n gesmeerde losboompan en skep die kaaskoekmengsel bo-oor die wortelkoekdeeg.
Bak in voorverhitte oond by  180°C vir 25 tot 30 minute.
Laat die koek afkoel in die oond, maak net die oond deur effens oop.
Wanneer dit afgekoel het, smeer bietjie suurroom bo-oor en sprinkel neute van keuse bo-oor.

Resep en foto: Elizabeth Haupt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page