WORTEL HALWA BAKLAVA
- Koya:
- 1 koppie melkpoeier
- 1 eetlepel ghee
- ¼ koppie melk
Plaas melkpoeier in bak en plaas eenkant.
Plaas melk en ghee in maatbeker en verhit in mikrogolf tot kookpunt.
Voeg melkmengsel by melkpoeier en roer goed totdat die mengsel verdik het.
Laat afkoel tot yskoud. Dit sal verkrummel soos wat dit koud word.
- Wortel Halwa:
- 5 koppies fyn gerasperde wortel
- 2 eetlepels ghee
- ½ teelepel fyn komyn
- 1 koppie melk
- ¾ koppie suiker
- 1 koppie koya
- 1 eetlepel gekapte pistachio neute
- 1 eetlepel gesnyde amandels
Plaas gerasperde wortels, ghee, melk en komyn in bak en mikrogolf vir 15 minute op hoog.
Roer elke 5 minute.
Voeg suiker by wortelmengsel en mikrogolf vir ‘n verdere 3 minute. Roer goed.
Voeg die gekrummelde koya by en meng goed. Mikrogolf vir ‘n verdere 10 minute.
Die wortels behoort nou sag te wees en soos poeding te lyk.
Voeg die gekapte pistachio en gesnyde amandels by en meng. Laat afkoel tot yskoud.
Plaas die gekapte okkerneute, gekapte pistachios en gesnyde amandels in bak.
Voeg die fyn naeltjies, kaneel en komyn by. Meng en plaas eenkant.
- Baklava:
- ½ koppie gesmelte botter
- 7 velle filodeeg
- 95 g okkerneute
- 105 g gesnyde amandels
- ⅓ koppie gekapte pistachio neute
- 1 teelepel fyn naeltjies
- 1 teelepel fyn kaneel
- ½ teelepel komyn
- 2 pakkies Saunf Supari
Verf ‘n 30 cm reghoekige oondbak met gesmelte botter.
Sny een phyllodeeg vel in die helfte en plaas 2 velle opmekaar in voorbereide oondbak.
Hou die ander phyllovelle onder ‘n klam vadoek en werk vinnig dat velle deeg nie uitdroog.
Verf die twee velle goed met gesmelte botter.
Smeer ’n laag wortel halwa oor phyllodeeg in bak, sprinkel ‘n laag van die neutmengel oor.
Plaas weer twee lae phyllodeeg oor die neute en herhaal twee maal.
Gebruik die laaste ses halwe phyllovelle vir die finale laag. Verf elke laag met gesmelte botter.
Gebruik ‘n skerp mes en sny die baklava regdeur tot op bodem van bak.
Verhit oond tot 180°C. Bak vir 60 minute of tot goudbruin en krakerig.
- Stroop:
- 1 koppie water
- ½ koppie suiker
- 3 eetlepels heuning
- 1 teelepel vanilla geursel
- 3 steranys
- ¼ teelepel roosekstrak
- 1 ½ eetlepel suurlemoensap
Plaas water, suiker en heuning in pot.
Verhit oor lae hitte en roer tot suiker heeltemal opgelos is. Voeg die steranys by.
Sodra dit kookpunt bereik, verwyder van hitte en voeg vanilla, roosekstrak en suurlemoensap by.
Laat afkoel tot koud en verwyder steranys.
Giet die stroop oor die Baklava sodra dit uit oond kom.
Strooi Saunf Supari oor Baklava as versiering.
Die Baklava moet voor en na dit gebak is in blokkies gesny word om seker te maak die blokkies is deurgesny.
Verwyder blokkies uit oondbak sodra koud en geniet.
Resep en foto: Alta de Wet